SuperSkouspel 2015 – ’n Afrikaanse musiek-extravaganza soos wat die land nog nooit gesien het nie – is nou op CD en DVD te koop.
Kyk hier na die hoogtepunte-video.
SuperSkouspel het op 19 September 2015 in die FNB-stadion in Soweto, Johannesburg, plaasgevind.
Met ikone soos David Kramer en Leon Schuster en Skouspel-gunstelinge soos Kurt Darren, Nádine, Die Heuwels Fantasties, Karen Zoid, Francois van Coke, Adam Tas, Emo Adams, Louis Loock, Andriëtte en ADAM; gewilde kunstenaars soos Joshua na die Reën, Magdalene Minaar, Twee, Bittereinder, Hemelbesem en Vicky Sampson en optredes deur groepe Mango Groove en Freshlyground in ’n groot stadion onder die sterre, is dit die grootste Skouspel ooit!
Ons gee 10 CD’s en DVD’s van SuperSkouspel 2015 weg! Al wat jy hoef te doen is om ’n maklike vraag te beantwoord.
Die kompetisie sluit op 8 Maart 2016.
The post Wen ’n CD en DVD van SuperSkouspel 2015 appeared first on Kyknet.