Hier’s ’n boereraat wat altyd werk vir Suid-Afrikaners in die buiteland wat huis toe verlang: Neem onbeperkte hoeveelhede egte plaaslike vermaak via die oë in en voel hoe dit onmiddellik jou hart vertroos.
kykNET Internasionaal op ShowMax sal jou laat tuis voel waar jy ook al is. En as jy nou inteken vir slegs US$ 8.99 pm, staan jy die kans om 4 retoerkaartjies Suid-Afrika toe te wen vir ’n kuiertjie by jou geliefdes.
Jy sal teen 24 September in Suid-Afrika wees om Erfenisdag rondom die braai te vier. Almal wat teen 30 April inteken word outomaties ingeskryf, en as jy reeds ingeteken het kom jy ook in aanmerking!
Bepalings en Voorwaardes
1. Om in aanmerking te kom vir die ShowMax-kompetisie, moet jy 18 jaar of ouer wees en ingeteken op kykNET Internasionaal op ShowMax.
2. Hierdie kompetisie word behartig en bemark deur ShowMax B.V. en jou inskrywing verteenwoordig jou bindende aanvaarding van die bepalings en voorwaardes.
3. Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse Verbruikersbeskermingswet van 2008.
Die kompetisie is nie oop vir die volgende persone nie:
– direkteure, lede, vennote, agente, werknemers of konsultante van die Naspers-groep van maatskappye; en
– die eggenoot, lewensmaat, besigheidsvennoot of vennoot, of die natuurlike of aangenome ouer, kind, of – broer/suster,of enige van die persone wat in 4.1 hier bo gespesifiseer word.
4. Die kompetisie is oop tussen 10 Maart 2016 en 30 April 2016. Geen inskrywings sal na 30 April 2016 oorweeg word nie.
5. Onderhewig aan paragraaf 1 hier bo mag slegs Suid-Afrikaners, met geldige reisdokumente en toestemmings, wat in die volgende lande woon kan aan die kompetisie deelneem: Andorra, Australië, België, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Indonesië, Ierland, Italië, Kanada, Liechtenstein, Luxembourg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu-Seeland, Noorweë, Oostenryk, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, Turkye, Verenigde Koninkryk, Verenigde State, Ysland.
6. ShowMax behou die reg voor om die kompetisie op kort kennisgewing te kanselleer.
7. In die geval van kansellasie is ShowMax nie verantwoordelik wees vir enige kostes of uitgawes met betrekking tot die kompetisie-inskrywing nie.
8. Die wenner sal deur ’n onafhanklike oudit-maatskappy gekies word, en deur ’n ShowMax-verteenwoordiger verwittig word. Die ouditeurs se besluit is finaal, en daar sal geen korrespondensie oor die uitkoms wees nie.
9. Die prys is vir 6 maande geldig vanaf die datum dat die wenners aangekondig is.
10. Slegs ’n enkele individu mag die prys wen. Ter wille van duidelikheid: Dit is een prys wat bestaan uit vier retoer-kaartjies.
11. Die wenner sal deur ShowMax gekontak word en versoek word om hulle persoonlike besonderhede te verskaf om die prys te kan opeis.
12. Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
13. ShowMax maak geen voorstellings en verskaf geen waarborge, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, met betrekking tot die prys, en in besonder maar sonder beperkings, maak geen voorstellings en verskaf geen waarborg dat jou inskrywing of deelname in die kompetisie noodwendig beteken dat jy ’n prys gaan wen; of ’n prys, of enige aspek daarvan, aan jou vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtinge sal voldoen nie.
14. Die bepalings en voorwaardes word uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing in ooreenstemming met die wette van die Republiek van Suid-Afrika.
The post ShowMax: Wen vliegkaartjies na SA appeared first on Kyknet.