Koop twee kaartjies vir Aspoestertjie vir enige vertoning op 2 Mei, en staan ’n kans om verblyf by die elegante 4-ster Peermont Mondior Hotel te wen vir dieselfde aand.
Vyf paartjies kan ’n romantiese aand wen tot die waarde van R2,500!
Wat jy moet doen:
1. Koop twee kaartjies vir Aspoestertjie vir enige vertoning op 2 Mei.
2. Stuur die tyd van die vertoning op 2 Mei, sowel as die verwysingsnommer en jou kontakdetails (naam en van, kontaknommer en e-pos adres) na kyknet@kyknet.co.za. Die onderwerp van die e-pos moet ‘Aspoestertjie kompetisie’ wees.
Terme en voorwaardes:
1. Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikers Beskermings Wet.
2. Wenners word deur ’n kykNET verteenwoordiger gekies.
3. Dieselfde persoon kan net een maal wen.
4. Die kykNET verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
5. In gevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
6. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
7. Die wenners sal aangekondig word op Dinsdag 28 April op die kykNET webwerf en Facebook blad.
8. Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
9. Wenners is verantwoordelik vir vervoer na en van die vertoning.
The post Nog ’n kans om met Aspoestertjie te wen appeared first on Kyknet.