Quantcast
Channel: Wen – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Len Muller se nuwe avontuur

$
0
0

Len Muller, voorheen bekend as die voorsanger van die alternatiewe-rockgroep DieFoute, het einde 2011 besluit om ’n solo-loopbaan aan te pak. Hy het Richardsbaai vir Pretoria se liggies verruil en oor ’n tydperk van drie jaar sy oorspronklike material geskryf. Len se debuut-EP, Len Muller, is in 2012 by Wynand Delport-produksies opgeneem en dieselfde jaar nog uitgereik.

Len werk nou al twee jaar lank aan sy debuut-album, Doodgewone Avontuur, wat op 27 Mei 2015 uitgereik word.

Daar wag tien splinternuwe liedjies wat beloof om vars, uitdagend en eie aan Len se skryfstyl te wees. Mede-skrywers sluit in die befaamde Stef Bos, Retief Burger (Luidkeels), Bouwer Bosch (Straatligkinders & Dans Dans Lisa), asook Jattie de Beer (Vertikaal & Dou Voor Dag). Die uniekheid van die nuwe album kan ook toegeskryf word aan die insluiting van verskeie ander kunstenaars (Stef Bos, Joshua na die Reën en Janie Bay), wat saam met Len op van die liedjies sing.

Een van Len se grootste drome het waar geword toe sy liedjie “Smag na Jou” gekies is om op die klankbaan van die fliek Strikdas opgeneem te word.

Nie net het ’n klankbaan-droom van Len waar geword nie, maar ’n groot eer het hom ook te beurt geval. Len is deur kykNET en Afri-Visie genader om ’n nuwe lied, “Iets om in te Glo” (geskryf deur Mynardt Smith) op te neem. Die liedjie het ’n plek in die top-10 gehaal, en Len het dit voor ’n stampvol Grand West Casino opgevoer. Dié liedjie is ook op die nuwe album.

“My lirieke is baie persoonlik, diep en eerlik. Dit kom byna net so uit my persoonlike joernaal,” sê Len. “Ek wil graag hoop in mense se lewens insing en dié bemoedig wat deur swaar tye gaan. Ek is moeg vir veral Afrikaanse musiek sonder enige emosie. Ek glo ek het meer om oor te sing as net geld, meisies en goeie tye.”

WEN!

Drie gelukkige kykers staan ’n kans om elk ’n dubbelkaartjie na die bekendstelling van Len se debuut-album te wen. Dit vind plaas op 27 Mei 2015 om 19:00 in die Barnyard-teater in Pretoria.

Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom is om ’n eenvoudige vraag te antwoord: Wat is die titel van Len Muller se debuut-album, wat op 27 Mei uitgereik word?

Stuur jou naam, van, kontakbesonderhede en antwoord na admin@starburstmusic.co.za. Skryf “Len Muller” in die onderwerpveld. Jou e-pos moet ons voor of teen 09:00 op 27 Mei bereik.

The post Len Muller se nuwe avontuur appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!