Vier gelukkige kykers (twee Johannesburgse en twee Kaapstadse kykers) staan ’n kans om elk dubbelkaartjies na die Ben Howard-konsert en twee Ben Howard-albums te wen.
Lees die bepalings en voorwaardes hier onder:
1. Kyk Flits op 9 Julie om 22:00 op kykNET, wanneer die kompetisie afskop.
2. SMS die sleutelwoord “BEN HOWARD” na 34689 (dit kos R1,50 per SMS).
3. Die kompetisie sluit op Vrydag 10 Julie om 17:00.
4. Die prys is nie verhandelbaar nie.
5. Die prys sluit enige addisionele kostes uit (etes, drankies, persoonlike uitgawes, vervoer, verblyf of enige kostes aangegaan om die kaartjies op te eis). Die wenners is self vir dié kostes verantwoordelik.
6. Die vervaardiger behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
7. Indien die kompetisie gekanselleer word, is Idea Candy, die program of kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
8. Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die verbruikersbeskermingswet.
9. Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
10. Dieselfde persoon kan net een maal wen.
11. Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
12. Ingevolge die verbruikersbeskermingswet moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
13. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
14. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
15. Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
16. Slegs kykers van Johannesburg en Kaapstad mag inskryf vir die kompetisie.
The post Flits: Wen Ben Howard-kaartjies appeared first on Kyknet.