’n Gelukkige kyker het tydens September ’n kans gestaan om ’n nag se verblyf vir twee persone by The Crowne Plaza in Rosebank, Johannesburg, ter waarde van R3400 (ontbyt ingesluit) te wen.
Die wenner is:
Leoni Le Roux
The Crowne Plaza Johannesburg is ’n luukse vierster-hotel in die hartjie van Rosebank, ’n weelderige, boomryke buurt in die goudstad. Dis die ideale oornagplek vir oordeelkundige sakepersone, toeriste en vakansiegangers, en is naby die Rosebank-winkelsentrum en die Gautrain-stasie geleë.
Met 318 gemaklik stylvolle kamers en suites is dié nie sommer enige normale hotel nie. Die hotel se dekor is “funky”, elegant, kleurvol en stylvol. Daar is twee restaurant, die Butcher’s Block Steakhouse – wat spog met ’n wye verskeidenheid vleisgeregte – en die Circle Bar – ’n gewilde uithangplek.
Die hotel het ook sy eie Amani Spa met eklusiewe behandelinge vir liggaam en siel. The Crowne Plaza het boonop sewe konferensie-geriewe, wat tussen 5 en 300 gaste kan akkommodeer.
The Crowne Plaza is deel van die IHG-hotelgroep, wat tans die grootse hotelgroep in die wêreld is, en gaste kwalifiseer vir uitstekende promosies en afslag deur IHG Rewards Club.
The post The Crowne Plaza: Hier is die wenner appeared first on Kyknet.