Hoendervleismooi is die perfekte woord om Neil Somers se splinternuwe album, Hierdie Hande, op te som. Sy kenmerkerkende diep stem is die perfekte pasmaat vir elke sielvolle liriek en die eindresultaat sal luisteraars van die eerste noot af in vervoering hê.
Kyk die musiekvideo vir die eerste enkelsnit, “Eendag op ’n Reëndag”, hier.
Anders as sy eerste album, Anderkant Atlantis, is Hierdie Hande minder ernstig, maar die musiek kry dit steeds reg om diep binne in jou hart te kom nesskop. “Ek dink ons het dit reggekry om ’n lekker balans tussen diep, rustige en lekker kuiermusiek te skep. Maar elke liedjie vertel tog ’n storie en dis wat vir my belangrik is — dat mense na die lirieke moet luister en dit hulle harte moet aanraak, hetsy op ’n gelukkige of hartseer manier. Solank dit net met die hart praat en emosie ontlok,” sê Neil.
Tien kykers staan die kans om elk ’n eksemplaar van Neil Somers se nuwe album, Hierdie Hande, te wen. Klik hier om in te skryf.
The post Wen Neil Somers se nuutste CD appeared first on Kyknet.