Een van kykNET se opwindendste kompetisies vanjaar is die kans om gróót pryse te wen deur aan ’n Kersfees-skattejag deel te neem.
Hoe werk dit?
– Die Kersfees-skattejag strek van 1 tot 29 Desember 2015.
– Die opwinding lê nie net in die “skatte” nie, maar ook in die soektog. Soek jy op kykNET se webblad, sien jy dalk ’n versteekte skat in ’n video of artikel. Ander kan weer slegs op die lug of Facebook, Twitter of WeChat gevind word.
– Pryse sal weekliks weggegee word (kykers moet elke dag ’n nuwe vraag beantwoord) en vir dié wat teen 29 Desember ál die vrae korrek beantwoord het, wag daar ’n heerlike vakansieprys.
– Kykers het elke week kans om hul antwoorde in te samel, en vul aan die einde van die week ’n inskrywingsvorm in.
– Die wenners sal in Januarie 2016 op die kykNET-webblad aangekondig word.
Week 1 (1 tot 5 Desember)
Beantwoord vyf vrae korrek en staan die kans om produkte vir jou troeteldiere van ROYAL CANIN® ter waarde van R3000 te wen!
Terme en voorwaardes
– kykNET se Kersfees-skattejag strek van 1 tot 29 Desember 2015.
– Kykers moet elke dag ’n nuwe vraag beantwoord. Die antwoord sal op die lug (tydens ’n program), op die kykNET-webblad, Twitter, Wechat of Facebook gevind kan word.
– Daar sal weeklikse pryse wees en een groot prys aan die einde vir diegene wat die maand se vrae korrek beantwoord het.
– Wenners sal op die kykNET-webblad in Januarie 2016 aangekondig word.
– Die pryse is geldig vir 6 maande, volgens die regulasies van die Verbruikerswet.
– Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET of Action Adz nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
– Die produkte en geskenkpakkies word maandeliks vir drie maande by die wenners afgelewer.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
The post Wen groot met kykNET se Kersfees-skattejag appeared first on Kyknet.