Quantcast
Channel: Wen – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Wen een van 10 Modder en Bloed-klankbane

$
0
0

Ons gee 10 Modder en Bloed-klankbane weg! Beantwoord ’n eenvoudige vraag en jy mag dalk een van die wenners wees.

Klik hier om in te skryf.

Die fliek Modder en Bloed vertel die verhaal van Willem Morkel (Stian Bam), ’n Boerekryger wie se vrou en enigste kind tydens die Anglo-Boereoorlog deur Britse soldate vermoor word. Hy en sy ‘”mede-gevangenes”, in rolle vertolk deur Deon Lotz en Bok van Blerk, word na die eiland van St. Helena in die Atlantiese Oseaan verban.

Kyk hier na die amptelike musiekvideo.

Daar word die Boere onderwerp aan die haat van die Britse bevelvoerder Kolonel Swannell (Grant Swanby), wat hul lewens elke dag hel maak.

Wanneer een van die Boere (Edwin van der Walt) ’n misstap begaan, word hy gevang en ter dood veroordeel. Willem tree tussenbeide en gaan ’n weddenskap aan in ruil vir ’n lewe, wat lei tot die Boere se belangrikste wedstryd ooit.

Modder en Bloed is vervaardig deur Dark Matter Studios (Henk Pretorius en Llewellyn Greeff) en Collective Dream Films, wat aan skrywer en regisseur Sean Else en Rudy Halgryn behoort.

Die fliek spog met ’n indrukwekkende rolverdeling, wat Suid-Afrikaanse en Britse rolprentpersoonlikhede insluit, soos Albert Maritz, David Louw, Jacques Bessenger, Altus Theart, Albert Pretorius, Charlotte Salt, Nick Cornwall en Josh Myers.

Lees meer oor Modder en Bloed hier, en kyk hier na die amptelike lokprent.

The post Wen een van 10 Modder en Bloed-klankbane appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!