Die Goue Haan, wat Tannie Elizabeth hier bo vashou, word in elke episode van Koekedoor versteek.
Daar is ’n Goue Haan onder die Koekedore en kykers kan elke week heerlike pryse (te danke aan Moir’s en Safari) losslaan deur uit te vind waar dit nesskrop.
Hoe werk dit?
Kykers sal elke week Koekedoor op kykNET (Donderdae om 20:30) moet kyk om uit te vind waar in die stoor die Goue Haan koning kraai. Kyk mooi – die haan kuier dalk net by ’n Koekedoor!
Maak ook elke week ’n draai op kyknet.tv/koekedoor vir ’n eksklusiewe video waarin die beoordelaar Tiaan Langenegger ’n leidraad gee.
Hierdie week se leidraad is:
Wat kan ek wen?
Elke week staan ’n kyker die kans om ’n Yuppiechef-geskenkpak ter waarde van R1500 te wen. Aan die einde van die seisoen kan een gelukkige kyker ’n Kenwood-menger ter waarde van R5000 losslaan.
Hoe kan ek inskryf?
Sodra jy weet waar die Goue Haan wegkruip, kan jy hier klik om in te skryf (lees ook die terme en voorwaardes).
Jy het ’n week om in te skryf. Die wenner van die eerste week sal op 22 April bekendgemaak word.
The post Koekedoor: Soek die Goue Haan en wen! appeared first on Kyknet.