Op 16 Junie vanjaar vier Johannesburg se asemrowende Emmarentia-dam Suid-Afrika se jeug met ’n pragtige dag vol musiek langs die dam. Hierdie voldag-familiegeleentheid, ’n JacarandaFM-musiekervaring, verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme.
kykNET gee vyf dubbelkaartjies weg! Al wat jy hoef te doen om in aanmerking te kom, is om in te teken op ons nuusbrief! Klik hier om in te teken, en lees ook die terme en voorwaardes vir die kompetisie hier onder.
Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, streef daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.
Sluit aan by revolusionêre groep Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul unieke musiek en energieke optredes, op Jeugdag. Saam met Die Heuwels op die verhoog is die ikoniese hoofsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke, wat sy nommereen-debuutalbum in 2015 vrygestel het.
Terwyl jy luilekker onder die digte bome by Emmarenta lê, sal Theuns Jordaan, sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het, met persoonlike verkope van meer as 1,4 miljoen, jou bekoor met sy sang. Bygevoeg tot hierdie uitstekende lys van kunstenaars, is Valiant Swart, wat gehore op ’n reis neem met sy blues-kitaar en bekfluitjie.
Om hierdie ongelooflike dag van vermaak af te rond, is daar ook die Sama-benoemde groep Blackbyrd, Suid-Afrika se nuutste opkomende ster Brendan Peyper en Jozi-gunsteling Majozi, met treffers vanaf sy splinternuwe album.
Vir jou dag by die dam sal daar ’n heerlike rits van Suid-Afrika se beste kosstalletjies teenwoordig wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers vir die perfekte viering van jeugdigheid en musiek.
Datum: 16 Junie 2016
Tyd: 10:00-17:00
Plek: Emmarentia-dam, Johannesburg
Kaartjies: R160 Aanlyn / R460 VIP
Koop kaartjies hier
Terme en voorwaardes vir kompetisie:
Die kompetisie is oop van 11 tot 31 Mei 2016.
Vyf dubbelkaartjies word weggegee na die Liefde by die Dam-geleentheid.
Wenners is self verantwoordelik vir vervoer na en van die geleentheid.
Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
Dieselfde persoon kan net een maal wen.
Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
Ingevolge die Verbruikersbeskermingswet moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
Kry Liefde by die Dam op Facebook, Twitter en Instagram, en gebruik die hutsmerk #LiefdeByDieDam.
The post Liefde by die Dam: ’n Voldag-musiekervaring appeared first on Kyknet.