Jy kan met ’n blinknuwe Suzuki Ciaz wegry as jy Suidooster in Julie kyk!
kykNET se gewilde Afrikaanse daaglikse drama, Suidooster, kry ’n vierde episode per week van Julie.
Op Donderdag, 7 Julie 2016, sal die bykomende episode vir die eerste keer uitgesaai word.
Om dit te vier, kan een gelukkige kyker dalk met Suzuki se Ciaz GLX handrat wegry. Die waarde van die Ciaz is R219 900!
Drie woorde som die Ciaz op: styl, ruimte, en gerief. Die GLX is weelderig met talle luukshede. Onder die enjinkap is ’n moderne 1,4-liter enjin wat wakker is en goeie petrolverbruik lewer. En, die belangrikste is dat dit regtig ’n baie veilig ryding is.
Die Ciaz kom boonop met ’n waarborg van drie jaar/100 000 km asook ’n drie jaar/60 000 km-diensplan.
Besoek www.suzukiauto.co.za vir meer inligting oor die Ciaz.
Hoe jy kan wen:
Van 4 tot 28 Julie gaan daar tydens elke episode van Suidooster ’n vraag tydens die 18:00-episode op kykNET se Facebook-blad oor die betroke dag se episode gevra word.
Om deel te neem moet jy dan ten minste vier regte antwoorde in Julie per SMS stuur.
Hou kykNET se Facebook-blad dop vir meer inligting.
Soos die huidige episodes van Suidooster sal die vierdie episode ook om 18:00 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai word, met ’n herhaling om 20:00 op kykNET & kie. Nog herhalings sal op ander tye plaasvind en ’n omnibus word Vrydae om 17:30 en Sondae om 14:00 op kykNET & kie uitgesaai.
Terme en voorwaardes
• Die kompetisie strek van 17:00 op 4 Julie tot 12:00 op 30 Julie 2016.
• Jy kan op enige dag voor die sluitingsdatum ’n SMS stuur, solank elke antwoord in ’n aparte SMS gestuur word.
• ’n Suzuki Ciaz GLX handrat word weggegee.
• Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
• kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
• Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
• Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
• Die wenner word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
• Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
• Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
• Die prys is nie vir kontant omruilbaar nie.
• Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
• Jy moet 18 jaar of ouer wees en ’n geldige rybewys hê om in aanmerking te kom vir die motorprys.
• Die kleur van die motor kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid.
• Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant geruil word nie.
• Die wenner moet bereid wees dat hul naam en foto gepubliseer word.
• Die wenners sal in kennis gestel word.
• Personeel en hul gesinne van Multichoice, Suidooster, Grapevine Interactive en die borg mag nie deelneem nie.
• Jy moet ’n geregistreerde selfoongebruiker wees om aan die kompetisie deel te neem; so nie moet jy toestemming van die eienaar kry.
• Slegs 20 inskrywings per selfoonnommer word getel. Elke SMS kos R1,50.
• Multichoice en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie.
• Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.
The post Kyk Suidooster en wen ’n Suzuki Ciaz! appeared first on Kyknet.