kykNET het 25 familiepakkette na die Gateway to Space-uitstalling in die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg om weg te gee.
Dié uitstalling, wat tot 31 Julie te sien is, toon die ruimtereise van die mensdom en is al deur 1 miljoen mense regoor die wêreld vertoon.
Besoekers kan onder meer uitsien na ’n 15 m hoë replika van die Mir-ruimtestasie se kernmodule, sien hoe lyk die binnekant van ’n pendeltuig-kajuit en aan ’n werklike maanklip vat.
Die uitstalling word aangebied deur Huisgenoot, You en Drum.
Skryf hier in:
[contact-form-7]Terme en Voorwaardes
– 25 familiepakkette (vir twee volwassenes en twee kinders) ter waarde van R520 elk word weggegee. Dit sluit nie vervoer, verblyf of enige ander aktiwiteite in nie. Die kompetisie sluit op 19 Junie 2016.
– Die kaartjies is geldig tot 24 Junie 2016.
– Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET of Media24 nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Deur in te skryf vir die kompetisie, word jy outomaties ingeteken op die kykNET-nuusbrief.
– Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
The post Wen ’n ‘ruimtereis’ vir die hele gesin! appeared first on Kyknet.