Karen Zoid het met twee toekennings by vanjaar se Huisgenoot Tempo-toekennings weggestap – sy is as TV-aanbieder van die jaar aangewys en haar reeks, Republiek van Zoid Afrika, het gewen in die kategorie TV-reeks van die Jaar: Aktualiteit, werklikheid, speletjies.
Ter viering van hierdie groot prestasie gee ons drie kykers die geleentheid om elk ’n stel CD’s met die musiekopnames van al drie Republiek van Zoid-Afrika-reekse te wen.
Al wat jy moet doen, is om in te teken op die kykNET-nuusbrief en jy sal outomaties ’n kans staan om een van die wenners te wees. Klik hier om in te teken.
Terme en voorwaardes
– Die kompetisie strek van 19-30 Julie 2016.
– Drie kykers wat inteken op die kykNET-nuusbrief staan die kans om ’n stel CD’s met die musiekopnames van al drie Republiek van Zoid Afrika-reekse te wen.
– Die wenners sal op die kykNET-webwerf bekend gemaak word.
– Die prys is geldig vir 6 maande, volgens die regulasies van die Verbruikerswet.
– Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Verbruikersbeskermingswet moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
The post Wen Republiek van Zoid Afrika-CD’s appeared first on Kyknet.