Vyf gelukkige kykers kan elk ’n dubbelkaartjie wen na die première van Hollywood in my Huis, wat op Maandag 22 Junie by die Killarney-winkelsentrum in Johannesburg plaasvind.
Hoe om in te skryf
‘Like’ kykNET se Facebook-blad en deel die Hollywood in my Huis-lokprent met jou vriende op Facebook. Gebruik ook die hutsmerk #HIMH26Junie wanneer jy die skakel deel.
Klik hier vir die skakel wat jy moet deel.
Terme en Voorwaardes
– Die kompetisie strek vanaf 8 Junie en sluit op 12 Junie om 12:00.
– Die Hollywood in my Huis-première vind plaas by die Killarney-winkelsentrum in Johannesburg.
– Wenners is verantwoordelik vir hul eie vervoer na en van die première.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET of Hollywood in my Huis nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die kaartjies is nie vir kontant omruilbaar en mag nie vir iemand anders gegee word nie.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
Lees ook hierdie terme en voorwaardes.
The post Wen ’n dubbelkaartjie na die HIMH-première appeared first on Kyknet.