My Taal is Musiek-kykers staan die kans om ’n CD-geskenkpak ter waarde van R1000 na elke episode van die program te wen.
Lees die terme en voorwaardes hier onder:
1. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
2. Daar is een fase vir die kompetisie.
3. Fase 1:
a. ’n Vraag word gestel tydens elke My Taal is Musiek-episode wat op kykNET Musiek (kanaal 146) uitgesaai word (kykers word gevra om hul gunsteling-liedjie per SMS te stuur).
b. Stuur ’n SMS met die woorde “my taal is musiek”, gevolg deur jou naam en gunsteling-liedjie na 33110.
c. Deelnemers mag meer as een keer inskryf (daar is geen beperking op stemme nie).
d. Die kompetisie maak tussen 21:00-21:30 op Maandae (wanneer die episode uitgesaai word) oop, en sluit om 12:00 namiddag die dag ná die episode (Dinsdae).
e. Een wenner sal per episode aangekondig word, en sal ’n CD-geskenkpak ter waarde van R1000 ontvang.
f. Elke SMS kos R1,50.00 Daar is geen verskuilde kostes nie.
g. Die wenner sal kort na elke episode getrek word en sal dan regstreeks bekend gemaak word tydens die uitsending van My Taal is Musiek (drie weke ná die bepaalde episode waartydens die kompetisie aangekondig is).
h. Pryse kan nie geruil word vir kontant nie.
4. Die produksiemaatskappy (Touch of Class) sal die wenners kontak en al die wenner se inligting insamel (afleweringsadres, ens.).
5. Die wenners moet hul oorspronklike ID-dokument wys wanneer die prys afgelewer word. Die wenner moet ook ’n kopie van hul ID-dokument lewer aan die afleweringsbode.
6. Die keuse van die wenner(s) is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
7. Die organiseerders van die My Taal Is Musiek-kompetisie en hul vennote sal nie aanspreeklik gehou word vir enige beserings of verlies van goedere tydens die kompetisie nie.
8. Pryse is nie oordraagbaar nie.
9. Werknemers van Touch of Class en/of hul gesinne mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
10. Die wenners sal drie weke na elke My Taal Is Musiek-uitsending aangekondig word om 21:00-21:30 (DStv-kanaal 146).
11. Die wenners wat in die laaste drie episodes van die eerste seisoen inskryf sal bekend gemaak word op Touch of Class se Facebook-blad.
12. Lees ook die volgende terme en voorwaardes.
The post My Taal is Musiek: Kykerskompetisie appeared first on Kyknet.