Quantcast
Channel: Wen – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Samsung – Jukebox Kompetisie

$
0
0

Samsung, tesame met Jukebox, loods vir nege maande elke maand ’n kompetisie waarin daar ’n Samsung Galaxy S5 weggegee sal word.

Elke maand gee ons drie leidrade gedurende die regstreekse uitsending. In die vierde week maak die SMS-lyne oop, en die vierde en laaste leidraad word op sosiale media geplaas. Kykers moet raai wie die kunstenaar is waaroor daar leidrade gegee word en hulle antwoorde via SMS instuur om in aanmerking te kom vir die prys.

SAms

Antwoorde moet na 33670 SMS word. ’n SMS kos R1.50 en gratis minute is nie geldig nie. Die wenners sal bekend gemaak word tydens die regstreekse uitsendings nadat die sms lyne gesluit het.

Wenners sal telefonies gekontak word!

Hier is die Terme en Voorwaardes vir die Kompetisie: 

* Daar is geen limiet op hoeveel keer deelnemers mag inskryf vir die kompetisie nie.
* Deelnemers wat minderjarig is (onder 18) se ouers of voogde moet kennis dra van die minderjarige se inskrywing, en hulle goedkeuring gee.
* Deelnemers kan inskryf deur die “Kunstenaar se naam” te sms na 33670.
* Koste per SMS is R1.50. Daar is geen verskuilde kostes nie.
* Die wenners word blindelings getrek en sal dan regstreeks bekend gemaak word tydens die Jukebox-uitsending op die volgende datums:

29 November 2014
27 Desember 2014
31 Januarie 2015
28 Februarie 2015
28 Maart 2015
25 April 2015
30 Mei 2015
27 Junie 2015
25 Julie 2015

* Die pryse wat gewen kan word is:
* Nege Samsung S5 Smartphones (een foon per maand oor ’n tydperk van 9 maande).
* Die produksiemaatskappy sal die wenners kontak en al die wenner se details insamel, bv. ID nommer, afleweringsadres, ens.
* Die wenners moet hul oorspronklike ID kopie kan wys wanneer die prys afgelewer word.
* Die wenner moet ook ’n kopie van hulle ID dokument kan lewer aan die afleweringsbode.
* Die keuse van die wenner is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
* Die organiseerders van die Samsung-kompetisie en hulle vennote sal nie aanspreeklik gehou word vir enige beserings of verlies van goedere tydens die kompetisie nie.
* Pryse is nie oordraagbaar nie.
* Werknemers van ELECTRONIC MEDIA NETWORK; BLIXEM PRODUKSIES, SAMSUNG (die borge) en/of hul gesinne mag nie deelneem nie.
* Die prys sal deur Samsung aan die wenners afgelewer word.
* Die kompetisie word in 9 rondtes van 4 weke elk gedoen. Tydens die eerste drie weke van elke rondte word leidrade gegee tydens die regstreekse uitsending van Jukebox (kykNET en kykNET Musiek, DStv kanale 144 en 146 onderskeidelik; Saterdagaande om 19:30) en die vierde week word die wenners getrek.
* Leidraad nommer vier sal op die Jukebox Facebook page geplaas word (https://www.facebook.com/JUKEBOXKYKNET?fref=ts) die laaste Maandag voor die lewendige program waartydens die trekking gaan plaasvind, en die datums is as volg:

24 November 2014
22 Desember 2014
26 Januarie 2015
23 Februarie 2015
23 Maart 2015
20 April 2015
25 Mei 2015
22 Junie 2015
20 Julie 2015

* In die 4de week, sal die SMS lyn oopgaan en die publiek sal die geleentheid hê om hulle antwoord deur te stuur. Datums van die 9 rondtes word onder aangedui.
* Kompetisie tydsverloop: 22 November 2014 – 22 Julie 2015
* Nege Maande SMS LYN 33670 OOP EN TOE TYDENS VOLGENDE DATUMS:

Open: 22 November @21:30 – Maak toe: 26 November @12:00
Open: 20 Desember @21:30 – Maak toe: 24 December @12:00
Open: 24 Januarie @21:30 – Maak toe: 28 January @12:00
Open: 21 Februarie @21:30 – Maak toe: 25 February @12:00
Open: 21 Maart @21:30 – Maak toe: 25 March @12:00
Open: 18 April @21:30 – Maak toe: 22 April @12:00
Open: 23 Mei @21:30 – Maak toe: 27 May @ 12:00
Open: 20 Junie @21:30 – Maak toe: 24 June @12:00
Open: 18 Julie @ 21:30 – Maak toe: 22 July @ 12:00

* Die program maak 21:30 klaar en die wenner sal voor die einde van die program aangekondig word.

Volg die kompetisie op Jukebox se Facebook blad :

Lees hier MNET se termes en voorwaardes vir kompetisies.

The post Samsung – Jukebox Kompetisie appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!