Die Bokke het besluit om hul aanhangers saam met hulle te neem waarookal hulle speel tydens vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi. Die nommers op die Springboktruie sal opgemaak word uit aanhangers se foto’s.
Vier gelukkige kykers het die geleentheid om hul foto op die Springboktrui te sien pryk. Elke wenner kan twee vriende kies wie se foto’s ook op truie aangebring sal word. Boonop sal elkeen ’n replika van die trui ontvang.
Skryf só in
Stuur jou naam en van, kontaknommer, e-posadres en ’n hoë-resolusie foto van jou en twee van jou vriende na inligting@toksntjops.co.za. Skryf ook ’n motivering as deel van jou inskrywing en vertel vir ons hoekom julle gekies moet word.
Terme en Voorwaardes
– Die sluitingsdatum is 31 Julie.
– Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
– kykNET behou die reg om die kompetisie op kort kennisgewing te kanselleer.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
– Wenners word deur ’n Toks ’n Tjops-verteenwoordiger gekies.
– Die verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
The post Wen met Toks ’n Tjops appeared first on Kyknet.