André Venter se solo-album, Die man vir jou, is nou landswyd beskikbaar. Tien kykers kan elk ’n eksemplaar van dié album wen.
Die man vir jou neem ’n stem wat welbekend is vir sy uitmuntende klassieke vermoë en kombineer dit met ’n sterk pop-geur in ’n fees van woord, melodie en ritme.
André se talent word ten toon gestel met 15 snitte, wat werke uit sy eie pen, sowel as interpretasies van gewilde treffers insluit.
Nuutskeppings op dié album sluit die titelsnit, “Ek lief jou belowe”, “Gedigte”, “Ek sal by jou bly”, “As ek moet gaan”, “Een leeftyd se liefde”, “Verf die dorp rooi” en “Tot oneindig einde kry”, ’n merkwaardige duet saam met Andriëtte, in.
Sy vertolkings van “Hoe groot is ons God”, “Edelweiss”, “Lady in red”, “It must have been love” en “When I need you” gee dié immergewilde gunstelinge nuwe lewe.
Al die snitte bring elemente van pop, rock en ’n tikkie simfonie bymekaar in ’n vurige en klankryke eindproduk.
The post Wen André Venter se solo-album appeared first on Kyknet.