Die plaaslike fliek Maya the Bee het op 13 September sy première in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad. Jy kan dit boonop gratis bywoon!
Maya the Bee gaan in Afrikaans, Engels en Zoeloe uitgereik word – ’n eerste vir Suid-Afrika. M-Net Movies en Ster-Kinekor nooi jou uit om dié fliek, voor dit eersdaags in teaters landwyd uitgereik word, op die grootskerm te sien.
Maya is ’n nuuskierige bytjie met ’n groot hart; ’n klein warrelwind wat weier om die reëls van die byekorf te volg. Die fliek volg Maya en haar maat Willy op ’n epiese avontuur. Saam red hulle die koningin se byekorf, en beëindig uiteindelik die vyandskap tussen bye en perdebye.
Wanneer iets kosbaar wegraak, kry nie net die perdebye die skuld nie, maar Maya word van medepligtigheid verdink. Niemand behalwe Willy glo haar nie. Ná ’n lang en gebeurtenisvolle reis na die perdebye se korf, vind Maya en Willy die skuldiges. Boonop kom hulle goed met die ander perdebye oor die weg.
Om gratis kaartjies vir die première van Maya the Bee te ontvang en die kompetisie se volledige terme en voorwaardes te lees, klik hier. Jy kan ook die aanlyn vorm hier onder voltooi.
Die prèmiere vind plaas op Sondag 13 September by The Zone in Rosebank; Maponya Mall in Johannesburg; Brooklyn Mall in Pretoria; Gateway in Durban en Cavendish Square in Kaapstad.
The post Première: Maya the Bee appeared first on Kyknet.