Kaapstadse en Johannesburgse kykers kan dubbelkaartjies na die première van die fliek ‘Dark Places’ wen.
Die première vind plaas in Kaapstad by Ster-Kinekor in Cavendish Square en in Johannesburg by Ster-Kinekor in Sandton City. ‘Dark Places’ word, in beide Kaapstad en Johannesburg, op 9 September 2015 om 20:00 vertoon.
Die eerste 35 kykers in Johannesburg en die eerste 40 kykers in Kaapstad sal dubbelkaartjies wen na die première. Jy bring jouself en ’n metgesel. Die fliek, springmielies en koeldrank sal voorsien word.
Lees die bepalings en voorwaardes hier onder:
1. Kyk Flits op 27 Augustus om 22:00 op kykNET, wanneer die kompetisie afskop.
2. SMS die sleutelwoord “DARK PLACES” na 34689 (dit kos R1,50 per SMS).
3. Die kompetisie sluit op Vrydag 28 Augustus om 23:00.
4. Die prys is nie verhandelbaar nie.
5. Die prys sluit enige addisionele kostes uit (etes, drankies, persoonlike uitgawes, vervoer, verblyf of enige kostes aangegaan om die kaartjies op te eis). Die wenners is self vir dié kostes verantwoordelik.
6. Die vervaardiger behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
7. Indien die kompetisie gekanselleer word, is Idea Candy, die program of kykNET nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
8. Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die verbruikersbeskermingswet.
9. Wenners word deur ’n rekenaar en ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
10. Dieselfde persoon kan net een maal wen.
11. Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
12. Ingevolge die verbruikersbeskermingswet moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
13. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
14. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
15. Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
16. Slegs kykers van Johannesburg en Kaapstad mag inskryf vir die kompetisie.
The post Flits: Wen ‘Dark Places’-fliekkaartjies appeared first on Kyknet.