Quantcast
Channel: Wen – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Wen ’n matriekafskeidrok met kykNET en ‘Hollywood in my Huis’!

$
0
0

Hollywood in my Huis is ’n romantiese komedie oor volwassewording, wat hom teen die agtergrond van ’n matriekafskeid in 2004 in Suid-Afrika afspeel.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder (Christia Visser) – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Toe sy egter op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar matrieksafskeid (wat voor die deur lê) in ’n soort Hollywood-oomblik te omskep.

Die matriekafskeid vind oor net meer as ’n maand plaas en met die leiding van haar ouers en Suzy (Elana Afrika-Bredenkamp), haar towertante, kom Jana voor ’n moeilike keuse te staan: Haar beste vriend of haar droomou?

Lees meer oor die fliek hier.

Wen!

Een gelukkige jong dame staan die kans om ’n matriekafskeid-skepping deur die ontwerper Pieter Verster, ter waarde van R5000, te wen!

Hoe om in te skryf:

Besoek kykNET se Facebook-blad, like die blad en vertel ons hoekom jy die rok moet wen. Onthou om #HIMHMatriekafskeid by jou kommentaar te gebruik.

Meer oor die ontwerper

Pieter Verster het in 2014 sy kwalifikasie in mode-ontwerp aan die Victoria Toma Instituut vir Mode en Ontwerp (Vicofs) in Bloemfontein verwerf. In sy eerste jaar deel hy die toekenning as beste eerstejaarstudent met ’n mede-student en in sy tweede en derde jaar behaal hy die tweede plek.

Hy is tans vryskutontwerper en ontwerp en maak hoofsaaklik matriekafskeidrokke, trourokke  en teaterkostuums, maar ook informele drag op aanvraag.

Sy mikpunt is om ʼn garderobe-spesialis te word en was al by produksies van die Departement Drama- en Teaterkuns aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en produksies soos Masoté’s Dream, wat deur Pacofs aangebied is, betrokke. Hy het ook vir twee dameskoshuise van die UV se revue-groepe hulle “sêr”-kostuums gemaak.

Pieter werk veral met nostalgiese elemente, byvoorbeeld handwerk uit vorige eras: hekelwerk, kralewerk en laslappies, en gebruik dit in sy kontemporêre ontwerpe. Hy is ’n dinamiese ontwerper met belangstellings in film, argitektuur, visuele kuns en musiek, en gebruik ook van hierdie invloede in sy werk.

Terme en Voorwaardes vir deelname

– Die kompetisie strek van 2-26 Junie 2015.
– Die prys is geldig vir 6 maande, volgens die regulasies van die Verbruikerswet.
– Slegs Suid-Afrikaners mag deelneem.
– kykNET behou die reg om op kort kennisgewing die kompetisie te kanselleer.
– Indien die kompetisie gekanselleer word, is kykNET of Hollywood in my Huis nie verantwoordelik vir die pryse of koste verbonde aan die kompetisie nie.
– Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermings wet.
– Wenners word deur ’n kykNET-verteenwoordiger gekies.
– Dieselfde persoon kan net een maal wen.
– Die kykNET-verteenwoordiger se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
– Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting aan ons verskaf om die pryse te mag opeis.
– Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
– Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
– Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.

The post Wen ’n matriekafskeidrok met kykNET en ‘Hollywood in my Huis’! appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 225

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!